Luister nou

9,8% minder moorde in derde kwartaal gepleeg

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het die kwartaallikse misdaad-statisitek vir die derde kwartaal van die huidige boekjaar bekend gemaak.

 

Volgens Mchunu word Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap die ergste getref deur misdaad en sal die polisie voortgaan met misdaadvoorkomingsoperasies in dié provinsies.

 

Mchunu sê daar was ‘n afname in talle misdaadkategorieë soos ‘n afname van 9,8% in moorde van 1 Oktober tot 31 Desember verlede jaar. Al was daar ’n afname in moorde in al die provinsies is die meeste moorde steeds in Gauteng en KwaZulu-Natal gepleeg.

 

Wat verkragting betref was daar ‘n 3,3% afname terwyl daar ‘n toename was in die voorkoms van aanranding met die opset om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging. 4,5% minder veediefstalle is in dié tydperk aangemeld.

 

Volgens Mchunu is een boer in die betrokke drie maande vermoor. Daar was altesame 12 moorde op plase, wat plaaswerkers wat op plase woon insluit. In een geval is ’n veiligheidswag vermoor.

 

2 Responses

  1. Dankie aan ATT/Bittereinders/Aquafer en Afriforum/Solidariteit vir die hede se geveg teen misdaad in Gauteng.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou