Luister nou

80% van graad 3-leerlinge lees sonder begrip

Deur Pretoria FM Nuusspan

Volgens die jongste verslag van die 2030 Leespaneel kan 80% van die land se graad 3-leerlinge nie in enige taal met begrip lees nie.

Die verslag word saamgestel uit inligting wat deur die Konsotium vir die Monitering van Onderwysgehalte in Suider-Afrika uitgereik word.

Een van die bevindinge van dié verslag is dat net 20% van graad 3-leerlinge in hulle huistaal met begrip kan lees.

Wat graad 6-leerlinge betref beskik nagenoeg 70% nie oor die nodige leesvaardighede in die taal waarin hulle onderrig ontvang nie.

Die Leespaneel deel leerlinge se leesvermoëns in vier kategorieë:

 

• Uitmuntend: Slegs 3% van die land se gr. 3’s word beskou as gevorderde lesers.

• Verbeterend: 17% van die gr. 3’s val in die kategorie

• Ontwikkelend: 43% van gr. 3’s voldoen toon vordering

• Beginner: 37% van gr. 3’s sukkel selfs om eenvoudige tekste sonder hulp te lees.

 

Intussen sê die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) dat ‘n kind wat nie kan lees nie, nie kan leer nie. Die hoof van ontwikkeling by die SOS, Melanie Buys sê ‘n samelewing wat nie geletterd is nie, bly vasgevang in ‘n bose kringloop van armoede en beperkte geleenthede.

Sy sê kinders se swak leesvaardighede het verreikende gevolge soos lae akademiese prestasie, ‘n hoër risiko van skooluitval, werkloosheid en ‘n ekonomie wat nie groei nie.

Buys sê die verslag toon egter dat die probleem nie by onderwysers lê nie, maar by ‘n gebrek aan opleiding en ondersteuning.

One Response

  1. Hoe moet jy met begin lees as jy woord erkening leer om te lees
    Vra hoeveel kan vir jou n woord spel hoeveel ken die alfebet al die nuwe ideas en veranderings maak alles moeiliker kyk na die wiskunde moet 7 my loop om by n antwoord te kom pleks van oorspronklike maklike manier of is ek flippen dom on novel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou