Luister nou

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Deur Redaksie

“Ons dink dat dit ’n besonder treffende manier is om die krisis in Suid-Afrika onignoreerbaar te maak.”

So antwoord dr. Ernst Roets, uitvoerende direkteur van Lex Libertas, op ’n vraag waarom hulle juis besluit het om kruise in die National Mall in Washington, D.C. te plant.

Lex Libertas en die New York Young Republican Club (NYYRC) is van voorneme om op 26 September vanjaar 3 000 wit kruise ter nagedagtenis aan slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika op die grasperk in die Mall op te rig.

Roets het aan Nuusweek gesê dat hulle spesifiek op kruise besluit het weens president Cyril Ramaphosa se reaksie op die vertoon van die Witkruismonument in Suid-Afrika tydens ’n ontmoeting met president Donald Trump van die VSA.

“Dit is in reaksie op die aggressiewe ontkenning van die bestaan van daardie monument in die Suid-Afrikaanse en ook in die Amerikaanse media. Dat dit nie regtig mense verteenwoordig nie of selfs nie eers regtig bestaan nie.”

Lex Libertas is ook van voorneme om die name van die slagoffers van plaasmoorde op die kruise aan te bring en slagoffers van plaasaanvalle na die VSA saam te neem.

Roets stem nie saam met diegene wat reken dat Suid-Afrika nie nog negatiewe publisiteit nodig het nie.

“In ’n sin het Suid-Afrika nóg negatiewe publisiteit nodig. Of dan ten minste die Suid-Afrikaanse regering. Dit baat ons niks om net te praat oor probleme en te sê ‘kyk hoe sleg gaan dit’ nie. Jy kan nie regtig by ’n oplossing uitkom as jy nie bewustheid van die probleem het nie.”

Roets sê hulle doel is nie om negatiewe publisiteit te skep nie, maar die probleem te ontbloot op ’n manier wat nie geïgnoreer kan word nie sodat daar oplossings daarvoor gevind kan word.

Hy sê aanhitsing tot geweld, rassewetgewing in Suid-Afrika en die bedreiging van eiendomsreg is ook op die agenda.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/08/NUUSWEEK-Uitgawe-80-21-Aug-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Tshwane-logo

Koalisies in al die metro’s verwag

Voorblad

AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Internasionale Perspektief nuut

Waarom die GOP nog in November kan wen

Polisielogo

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Ander Nuus Artikels

Boek 3
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026
Boer tot bord
Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere
Meisies en seuns kuberafknouery
Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery
Tshwane-logo
Koalisies in al die metro’s verwag
Voorblad
AfriForum en March and March deel verskeie standpunte

Luister nou