Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald sê dat meer as 3 000 paroolgangers die afgelope jaar weer in hegtenis geneem moes word vir die pleeg van misdaad.
Groenewald sê dat die oortreders se parool intussen teruggetrek is, maar dat hy bekommerd is oor die neiging van paroolgangers wat weer oortree.
Die minister het gereageer op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies oor die suksesse en vlakke van rehabilitasie in die land se korrektiewe fasiliteite.
Hy het daarop gewys dat die 3 147 paroolgangers en proefpersone ter sprake dié misdade in die jaar tussen die 1ste April 2024 en die 31ste Maart 2025 misdade gepleeg terwyl hulle op parool was.