Die Oos- en Suider-Afrikaanse Kommissie oor Dwelms het in Kaapstad vergader om alternatiewe vir die kriminalisering van dwelmgebruik te bespreek.
Die kommissie, onder voorsitterskap van oudpresident Kgalema Motlanthe, pleit vir minder gevangenisstraf vir dwelmverwante oortredings en groter klem op behandeling en rehabilitasie.
Motlanthe sê die kriminalisering van persoonlike dwelmgebruik en die fokus op dwelmvoorsiening alleen sal nie die probleem oplos nie.
Meer as 700 mense uit onder meer die burgerlike samelewing, wetstoepassing, die regering en die akademie is reeds oor moontlike beleidsveranderinge geraadpleeg.