Die DA behou sy voorsprong in die jongste eNCA-MarkData-projeksie vir Johannesburg, met ’n geraamde 32,36% van die stemme.
Die ANC volg met tussen 18 en 22%, terwyl ActionSA derde is met 15 tot 19%.
Die EFF en MK-party beklee onderskeidelik die vierde en vyfde plek.
eNCA se verkiesingsontleder, Wayne Sussman, sê die syfers kan nog verander namate stemme uit die informele nedersettings getel word.
Hy beskryf die DA se voorsprong as histories, aangesien die party nog nooit voorheen die grootste in Johannesburg was nie.