Die VF Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit om ‘n 181 ANC-kandidate toe te laat om aan die plaaslike regeringsverkiesing in Mangaung deel te neem, ondanks die ANC se versuim om sy kandidaatlyste betyds in te dien.
Die party sê die uitspraak is vreemd en problematies, maar beklemtoon dat sy kritiek nie ’n gebrek aan respek vir die regbank beteken nie.
Volgens die VF Plus weerspieël die ANC se versuim sy onbevoegdheid en onvermoë om behoorlik te bestuur.
Die party sê kiesers moet onthou dat die ANC se deelname aan die verkiesing nie beteken dat hy hul stemme verdien nie.