Luister nou

Groot dele van hoofstad sonder krag

Deur Seugnet van Zyl

Pretorianers moet nou byna daagliks sonder elektrisiteit klaarkom.

Inwoners vra nie meer hoekom nie, maar eerder wanneer die krag weer sal aan wees of weer sal afgaan.

Inwoners in Meyerspark moes onlangs twee weke lank sonder krag klaarkom, terwyl inwoners in Jan Niemandpark 16 dae lank in die donker moes oorleef.

Virginia Young, ’n DA-kandidaatwyksraadslid wat in Eastlynne woon en werk, sê Eastlynne het sedert 26 Desember verlede jaar tot nou die ergste kragonderbrekings beleef.

“In die eerste geval was ons krag vir 19 dae af en toe weer vir 23 dae. Dit gaan nou minstens twee dae en soms langer elke twee maande af.”

Young sê dele van haar wyk se krag was onlangs weer vir byna twee volle weke af en tot 16 dae in ander dele.

“Dit is veral bejaardes en mense met chroniese siektes wat erg hierdeur geraak word. Tydens al die kragonderbrekings het burgemeester Nasiphi Moya in haar afwesigheid geskitter.”

Volgens Young sukkel tegnici weens te min betroubare voertuie en hulpbronne om herstelwerk te kan doen.

In ’n video wys sy na ’n strokie van voorraad wat tegnici uit hul eie sak moes koop om hulle werk te kan doen.

Krag blyk weens kortsluitings, vandalisme, kabeldiefstal, foutiewe kabels of allerlei ander probleme vir ure of selfs dae regoor die stad af te wees.

Op hul Facebookblad lig die Tshwane-metro inwoners daagliks in oor kragonderbrekings en die herstel daarvan. Wyksraadslede regoor die stad het hul hande vol met inwoners wat kla dat hul krag al weer af is.

Tegniese spanne van die metro het sedert 29 September onverpoos gewerk om kragvoorsiening aan inwoners in Murrayfield, Watermeyer, Willow Park Manor, La Montagne en Meyerspark te herstel. Die spanne moes onder meer foute aan ondergrondse kabels opspoor en herstel. Voordat die kragtoevoer weer aangeskakel kon word, moes die herstelde kabels eers getoets word. Die herstelwerk is vroeër die week afgehandel.

Aan die begin van Oktober was groot gedeeltes van Pretoria se krag af ná ’n ontploffing by die Waltoo-substasie. Die ontploffing het ’n onderbreking by die Njala-substasies veroorsaak en kragtoevoer na minstens 11 substasies onderbreek. Die metro het gedeeltelike beurtkrag ingestel terwyl die herstelwerk by die substasies verrig is. Inwoners het toe om die beurt vir ses ure krag gehad en dan vir ses ure nie.

Dana Wannenburg, DA-wyksraadslid in die noorde en die party se hoofsweep, sê dit is ’n enorme probleem.

“Daar is byna daagliks ’n kortsluiting iewers. Die netwerk is oorlaai. Onwettige kragkonneksies en kabeldiefstal vererger net die probleem.”

Nuusweek het kommentaar van die Tshwane-metro versoek, maar teen druktyd het hulle nog nie daarop gereageer nie.

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-88-16-Okt-2026.pdf

Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Ander Nuus Artikels

Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem

Luister nou