’n 55-jarige vrou is vroeër vandeesweek dood ná ’n plaasaanval naby Ottosdal in Noordwes.
Hannetjie van Zyl is Maandag by die ingang van haar plaas aangeval en volgens berigte herhaaldelik met ’n ysterstaaf teen die kop en nek geslaan.
Sy is later op pad hospitaal toe dood.
Twee verdagtes is in hegtenis geneem en ’n derde is steeds op vrye voet.
Die voorspraakgroep, Lex Libertas sê die moord beklemtoon die krisis rondom plaasaanvalle en landelike veiligheid.
Die organisasie se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, doen ’n beroep op die regering om onder meer ’n toegewyde nasionale landelikeveiligheidstrategie en beter polisiëring en intelligensie in landelike gebiede te versterk.