Die Regterlike Dienskommissie het drie regters aanbeveel vir aanstelling in die Appèlhof.
Die aanbevelings volg ná onderhoude met vyf kandidate vir poste in die Appèlhof.
Die RDK het regters Gerald Bloem, Mmathebe Phatsoane en Esther Steyn aanbeveel.
Bloem sal na verwagting net sowat drie en ’n half jaar in die pos kan dien, terwyl Steyn se regsloopbaan oor meer as 46 jaar strek.
Die aanbevelings word nou aan president Cyril Ramaphosa voorgelê, wat die finale besluit oor hul aanstellings sal neem.