Die Amerikaanse regering het nuwe visumbeperkings aangekondig vir sekere buitelandse burgers wat volgens Washington betrokke is by rassegebaseerde diskriminasie, die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe of beleid wat onteiening van grond sonder vergoeding moontlik maak.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die maatreëls aangekondig.
Geen spesifieke individue is in die aankondiging genoem nie.
Die stap verhoog spanning tussen Washington en Pretoria oor onder meer grondhervorming en rassebeleid
Suid-Afrika het voorheen president Donald Trump se bewerings oor “wit volksmoord” verwerp.