Luister nou

Skaars haai spoel in die Weskus uit

Deur Marelize Maré

’n Baie skaars grootbekhaai het die afgelope naweek in die hawegebied van St. Helenabaai aan die Weskus uitgespoel.

Die grootbekhaai, oftewel die megamouth shark, is volgens die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing slegs die tweede aangetekende geval van dié spesie wat aan die Suid-Afrikaanse kus gevind is.

Personeel by die Pioneer Fishing-visfabriek het die haai Saterdag gewaar en die departement in kennis gestel.

Die bewaringskenner Ettienne Swanepoel het monsters van die karkas geneem, waarna die departement se navorsingspan gemobiliseer is om verdere monsters te versamel.

Die grootbekhaai leef normaalweg in die diepsee en is maklik herkenbaar aan sy enorme kop en kenmerkende rubberagtige lippe.

Die oorsaak van die haai se dood is nog onbekend.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Ander Nuus Artikels

James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie
horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

Luister nou