Luister nou

Ramaphosa wil verslag teen hom nietig laat verklaar

Deur Walter Ernst

President Cyril Ramaphosa het hom tot die hooggeregshof in die Wes-Kaap gewend om die verslag van die onafhanklike paneel oor die Phala Phala-gebeure nietig te laat verklaar. 

Hy het sy aansoek vroeg Dinsdag ingedien.  

Ramaphosa voer aan dat die paneel sy mandaat misken het, die beskikbare inligting foutief beoordeel het, en die vier aanklagte teen hom verkeerd geïnterpreteer het. 

Dit volg nadat die konstitusionele hof onlangs beslis het dat die parlement nie die verslag mag ignoreer nie en dat die parlement se verwerping daarvan ongeldig was.  

Die Nasionale Vergadering is besig met die daarstelling van ’n komitee om die aangeleentheid te ondersoek. 

Die ontheffingskomitee sal besluit of Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging geplaas moet word. Ramaphosa het vroeër aangedui dat hy nie sal bedank nie.

 

Gewilde Nuus

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Dr.-Theo-de-Jager-2

Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte

Polisiebeamptes

Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Ander Nuus Artikels

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images
Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie
Ad hoc - IOL
Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag
Fotokrediet: Groundup
SASSA funksioneer met net 44%
Padlangs
Nie almal is swemmertjies nie!
Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Luister nou