Luister nou

Buitelanders beleef spanning na dreigende betogings

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Toenemende groep buitelandse burgers wag buite die departement van binnelandse sake se vlugtelinge-ontvangsentrum in Durban te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie en dreigende betogings.

Sommige migrante sê hulle is wettig in die land, maar bly op die sypaadjie uit vrees vir geweld ná ’n reeks voorvalle wat met vreemdelinge-haat verband hou, in die stad.

Die spanning volg op oproepe deur teen-immigrasie groepe om buitelanders teen 30 Junie die land te verlaat, terwyl kenners en burgerlike organisasies waarsku dat die situasie kan vererger indien dit nie dringend bespreek word nie.

Die Ghana-ambassade in Pretoria het ook gister ’n toeloop van Ghanese burgers beleef wat vra dat hulle gerepatrieer word, te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie in Suid-Afrika.

Volgens owerhede word nagenoeg 300 mense tans verwerk, met ’n verdere 800 Ghanese wat na verwagting Woensdag na hul land teruggestuur sal word.

Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, sal intussen vandag op Afrikadag ’n openbare toespraak in Johannesburg lewer oor stygende vreemdelingehaat en Suid-Afrika se immigrasiebeleid.

Maimane sal sy visie uiteensit vir ’n wettige, regverdige en menswaardige immigrasiestelsel wat volgens hom Suid-Afrikaners beskerm, die oppergesag van die reg handhaaf en immigrasie beter bestuur.

Die ministers in die justisie, misdaadvoorkoming en sekuriteitskluster, vergader ook vandag by die Uniegebou in Pretoria om die toename in betogings oor immigrasie en onwettige buitelanders in die land te bespreek.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Luister nou