Luister nou

Afrika-varkpes in Gqeberha aangemeld

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Uitbreking van vermoedelik Afrika-varkpes het in Gqeberha ’n aantal varkvrektes veroorsaak, met nagenoeg ’n dosyn karkasse wat die afgelope week in die Grogro-gemeenskap naby Sherwood gevind is.

Die plaaslike owerhede sê daar is aanvanklik vermoed dat die diere vergiftig is, maar toetsresultate het nou daarop gewys dat die hoogs aansteeklike varksiekte waarskynlik die oorsaak is.

Die siekte versprei vinnig tussen varke en lei dikwels tot dood, maar dit is nie gevaarlik vir mense nie.

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit sê nagenoeg nege karkasse is reeds verwyder, maar inwoners beweer die aantal dooie varke kan hoër wees en dat sommige lank in die gebied bly lê het, wat gesondheidsrisiko’s vir die gemeenskap inhou.

Vee- en gesondheidsbeamptes werk nou in die gebied om verdere verspreiding te beperk.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou