‘n Skool in Mpumalanga moes gister sy deure sluit uit vrees vir ‘n rondloperleeu.
Die leeu kom vermoedelik uit die Krugerwildtuin en is Dinsdagaand naby die Frances Montessori-plaasskool, net buite Nelspruit, op kamera vasgelê.
Die skoolhoof, Claudé Engelbrecht sê die skool is gesluit nadat leeuspore ongeveer 1 kilometer van die skool gevind is.
Die Mpumalanga toerisme en parkeraad het spanne ontbied, maar die leeu kon nie in die aanvanklike soektog opgespoor word nie.
Die soektog duur voort en die gemeenskap is gevra om die owerhede in kennis te stel indien iemand die leeu gewaar.