Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die VSA se uitsluiting van Suid-Afrika by die komende G20-aktiwiteite is ’n oortreding van die organisasie se reëls.
Die direkteur-generaal, Zane Dangor sê Suid-Afrika is ’n volwaardige lid en het die reg om deel te neem, nadat berigte na vore gekom het dat die minister van finansies, Enoch Godongwana nie akkreditasie gekry het vir ’n G20-vergadering in Washington nie.
Godongwana en Reserwebank-president Lesetja Kganyago sal albei afwesig wees.
Dangor het by die Kaapstadse Persklub gesê die situasie is veral kommerwekkend, aangesien Suid-Afrika onlangs die G20-presidentskap aan die VSA oorhandig het.