Luister nou

Voorgestelde kurrikulum bekommer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die burgerregteorgansiasie, AfriForum, moedig ouers, onderwysers en ander rolspelers aan om te reageer op die Departement van Basiese Onderwys se versoek vir kommentaar oor die voorgestelde nuwe geskiedeniskurrikulum vir Grade 1 tot 12, gepubliseer in die Staatskoerant van 20 Maart 2026.

Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, is dit belangrik dat geskiedenis objektief en gebalanseerd aangebied word.

Bailey waarsku dat ’n eensydige of subjektiewe benadering gevaarlik kan wees en tot vervreemding, polarisasie en selfs geweld kan lei.

Die nuwe kurrikulum fokus baie op Afrika, maar AfriForum voer aan dat kinders ook die geskiedenis van hulle eie gemeenskappe en die land as geheel moet leer.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings, FAK, waarsku intussen dat die voorgestelde wysigings aan die Geskiedeniskurrikulum ’n aanval op historiese waarheid is.

Volgens die besturende direkteur van die FAK, dr. Danie Langner en die organisasie se hoof van gemeenskap, geskiedenis en ad hoc-projekte, Barry Müller, sal die veranderinge die land se ryk geskiedenis verarm en ’n nuwe geslag verhinder om groot gebeure soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog volledig te verstaan.

Die publiek het 30 dae om kommentaar in te dien, en meer inligting is beskikbaar op die departement se webwerf by www.education.gov.za

Gewilde Nuus

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Ander Nuus Artikels

Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Luister nou