Die 35-jarige prokureur Chinette Gallichan van Krugersdorp is gisteroggend op kort afstand doodgeskiet buite die Kommissie van Versoening Bemiddeling en Arbitrasie se kantore in die Johannesburgse middestad. Daar word vermoed die aanval ’n geteikende sluipmoord was, aangesien geen besittings gesteel is nie.
Gallichan, wat in arbeidslitigasie gewerk het en deel was van Sibanye-Stillwater se regsafdeling, is na bewering deur twee verdagtes agtervolg voordat sy geskiet is.
Die polisie ondersoek ’n moordsaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi en die Regsvereniging van Suid-Afrika het die moord sterk veroordeel, terwyl daar ook bespiegel word oor ’n moontlike verband met onwettige mynbou.