Die Amerikaanse gevegskunstenaar en Hollywood-aksieheld, Chuck Norris, is in die ouderdom van 86 oorlede.
Norris het bekendheid verwerf in die 1970’s en 80’s met flieks soos Way of the Dragon saam met Bruce Lee en die gewilde TV-reeks Walker, Texas Ranger. Sy familie het sy dood in ’n plasing op sosiale media bevestig.
Volgens ’n verklaring is hy “skielik” oorlede. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie en wil sy familie die omstandighede rondom sy dood privaat hou.
Daar is vroeër berig dat die Amerikaanse akteur Donderdag weens ’n mediese noodgeval na ’n hospitaal in Kauai, Hawaii, geneem is.