Die Vryemark-stigting het ‘n beroep op die regering gedoen om môre simboliese vierings van Menseregtedag te vervang, met konkrete hervormings.
Die stigting sê die staat versuim steeds sy kernpligte om openbare orde en veiligheid te beskerm, terwyl geweldsmisdaad hoogty vier, met gemiddeld 70 moorde per dag en vyf aangemelde verkragtings per uur.
Die organisasie bepleit dat die strafreg fokus op gewelddadige misdadigers, nie op wetgehoorsame burgers nie, en stel sentralisasie van polisie- en vervolgingstelsels, asook dekriminalisering van nie-gewelddadige aktiwiteite voor.
Die stigting waarsku ook dat streng arbeids- en regulasiewette werkloosheid en armoede vererger, en sê dat vryemarkbeleid en beperkte staatsingryping die pad na voorspoed bied.