Luister nou

Opod-verslag oor Phala Phala gedeklassifiseer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) se verslag oor die inbraak en diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildsplaas in Limpopo, is gedeklassifiseer.

Die minister van polisie, Firoz Cachalia het dít bekend gemaak in reaksie op ’n geskrewe parlementêre vraag deur die ATM. Volgens Cachalia is die verslag op 2 Februarie vanjaar gedeklassifiseer, nadat Opod die aanvanklike redes waarom die dokument geklassifiseer is asook die openbare belang daarvan oorweeg het.

Hy beklemtoon egter dat Opod nie die inbraak en diefstal ondersoek het nie, maar die gedrag van die polisiebeamptes wat die saak ondersoek het.

Cachalia sê ook Opod se ondersoekverslae word nie vir die publiek geskep nie en sal daarom slegs toeganklik wees deur die nodige regsprosesse te volg.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou