Die departement van korrektiewe dienste het tydens die feesseisoen, beslag gelê op meer as 8-duisend selfone by verskeie van sy sentrums regoor die land.
Die departement het gister ‘n mediakonferensie gehou en die uitslae van sy feesseisoen operasie bekend gemaak.
Daarvolgens het beamptes meer as 5-duisend soektogte by gevangenisse landswyd uitgevoer en is daar ook onder meer dagga en meer as ‘n honderd-duisend-rand kontant gevind.
Die kommissaris van korrektiewe dienste, Samuel Thobakgale sê benewens die onwettige items is daar ook gevaarlike wapens by die gevangenes gevind.
Gauteng is as die brandpunt vir gesmokkelde goedere geïdentifiseer.
Die departement sê hy sal voortgaan om die kanale waardeur die verbode goedere die gevangenisse binnekom te ondersoek.