Die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, Bela, gaan binnekort in die hof getoets word, nadat die Federasie van Beheerliggame vir Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, aangekondig het dat hy ‘n skool in Noordwes sal bystaan.
Die stap volg nadat die departement van ondewys in Noordwes verlede jaar nagenoeg 80 leerlinge by die Swartruggens Gekombineerde Skool geplaas het, sonder dat daar enige konsultasie was soos deur die gewysigde Skolewet voorgeskryf word.
Die skool en die beheerliggaam is ten gunste van die toelating, maar slegs indien die nodige hulpbronne beskikbaar gestel en die voorgeskrewe konsultasieprosesse nagekom word.
Fedsas en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie het intussen gesê hy sal nie magsmisbruik deur onderwysamptenare of inmenging deur politici duld nie.