Die Internasionale Olimpiese Komitee oorweeg ’n algehele verbod op transgendervrouens se deelname aan alle vrouesportsoorte.
Hierdie verwikkeling volg op ‘n aanbieding deur die Olimpiese Komitee se mediese hoof, dr. Jane Thornton, wat die liggaamlike voordele van atlete wat as mans gebore is, beklemtoon het.
Die IOK-hoofde oorweeg dit ook om atlete met verskille in geslagsontwikkeling uit vrouesport-items te verbied, gegewe hul testosteroonvoordele.
‘n Amptelike besluit moet nog aan ’n volle sitting van die IOK voorgelê word, maar ‘n verbod kan moontlik reeds teen die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028 in werking tree.
One Response
W T F.