Baie mense droom om die Berg Everest uit te klim, maar die Amerikaanse skiër, Jim Morrison het geskiedenis gemaak met sy poging om van die gevaarlike noordelike aansig van die berg af te ski.
Morrison het die eerste persoon geword wat van Everest se uitdagendste roete, die Hornbein Couloir, afgeski het. Dit is ’n smal en steil kloof net meer as 1 100 voet onder die berg se kruin.
Morrison het die uitdaging saam met die beroemde filmmaker en bergklimmer, Jimmy Chin aangepak.
Chin sê die projek het vyf jaar gelede begin en die klim het drie pogings geneem om te voltooi.
Die 50-jarige Morrison het dié mylpaal om kwart voor agt die aand behaal nadat hy meer as ses weke op die berg deurgebring het.
Die aftog het ongeveer vier ure geneem.
Fotokrediet: National Geographic