Die Phala Phala-diefstalsaak is vanoggend in die Modimolle-streekhof in Limpopo hervat waar die landdros na verwagting uitspraak sal lewer oor ‘n staatsgetuie wat sy getuienis verander het.
Die betrokke getuie, wie se identiteit nie bekend gemaak mag word nie, is die bestuurder wat glo onwetend die beweerde inbrekers van Limpopo na Gauteng vervoer het, ’n dag ná die inbraak op president Cyril Ramaphosa se plaas.
Imanuwela David word saam met Froliana en Ndilinasho Joseph, aangekla van die diefstal van 580 000 Amerikaanse dollar in kontant.
Die bestuurder het in ’n polisieverklaring gesê hy is 30 000-dollar betaal vir die rit, maar het in die hof getuig dat hy net R7 000 ontvang het. Die staat sê sy mondelinge getuienis is strydig met sy oorspronklike verklaring.
Staatsaanklaer Nkhetheni Munyai sê Artikel 189 van die Strafproseswet is nou van toepassing.
Dit handel oor onwillige getuies wat beboet of selfs tronk toe gestuur kan word.
Die bestuurder beweer intussen hy het die verklaring onder druk afgelê.