Luister nou

Brand by Aston Manor-substasie laat Kempton Park sonder krag

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Brand by die Aston Manor 66 kV-substasie het groot dele van Kempton Park sonder elektrisiteit gelaat. Gebiede soos Birchleigh, Glen Marais, Norkem Park, Glen Erasmia, Allen Grove, Van Riebeeckpark, Bonaero Park en Pomona is geraak.

Die Ekurhuleni-metro sê herstelwerk is aan die gang en krag word stelselmatig herstel, maar sommige gebiede, insluitend dele van Glen Marais, kan moontlik eers teen môre weer elektrisiteit hê.

Die oorsaak van die brand is glo weens wydverspreide kragonderbrekings, terwyl sekere ander gebiede net deur ’n kragonderbreking geraak is en reeds weer gekoppel is.

Die VF Plus-raadslid Jéan Kriek meen die probleem hou verband met jarelange swak instandhouding van die metro se elektrisiteitsnetwerk. Hy sê kabels in die gebied is dekades oud en waarsku dat soortgelyke onderbrekings in die toekoms waarskynlik sal voortduur indien daar nie in infrastruktuur belê word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ad hoc - IOL

Ad hoc-komitee finaliseer sy verslag

Fotokrediet: Groundup

SASSA funksioneer met net 44%

Padlangs

Nie almal is swemmertjies nie!

Tempo

Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?

Ander Nuus Artikels

plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere
Lynnwood padwerke - The Citizen
Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande
Guptas
Gupta-broers steeds gesoek