Amber Lee Hughes se regspan het vandag in die hooggeregshof in Johannesburg aangevoer dat sy wel skuld beken aan die dood van vierjarige Nada-Jane Challita, maar dat dit nié moord met voorbedagte rade was nie.
Die staat hou vol haar optrede was doelbewus, en verwys na emosioneel gelaaide boodskappe aan die kind se pa kort voor die voorval.
Die hof het ook gehoor dat die aanklag van verkragting nie bewys is nie, maar die staat hou vol dat Hughes steeds aan ’n seksuele misdryf skuldig is.
Hughes is sedert Januarie 2023 in aanhouding.
Die uitspraak word op 28 Augustus verwag.
One Response
Mag sy lewens lank gestraf word vir wat sy gedoen het aan ‘n onskuldige pragtige klein dogtertjie die kind het nie dit verdien. So jammer die doodstraf is nie meer want sy verdien dit.