Luister nou

Belastinginvorderingseisoen open op 7 Julie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat die 2025-belastinginvorderingseisoen op 7 Julie gaan begin.

Outomatiese aanslae sal vanaf 7- tot 20 Julie uitgereik word.

Belastingbetalers wat nie voorlopige belastingopgawes indien nie, sal vanaf die 21ste Julie tot die 20ste Oktober hul opgawes kan indien.

Voorlopige belastingbetalers het vanaf 21 Julie tot 19 Januarie aanstaande jaar kans om opgawes in te dien.

Die Inkomstediens het ‘n beroep op mense gedoen om die nodige dokumentasie betyds gereed te kry en om nie tot op nommer honderd te wag om jou opgawes in te dien nie. Die SAID sê mense moet ook seker maak dat hulle bankbesonderhede korrek is, indien daar geld aan hulle terugbetaal moet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

BKS-inenting

Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Ander Nuus Artikels

horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat
Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig

Luister nou