Luister nou

109 besigheidslikwidasies in April aangeteken

Deur Pretoria FM Nuusspan

Statistiek Suid-Afrika (SSA) sê dat daar 109 besigheidslikwidasies in April vanjaar aangeteken is – wat die totale aantal sluitings in die eerste vier maande van die jaar op 482 te staan bring.

April se likwidasies is 13,2% meer wanneer dit met dieselfde tydperk verlede jaar vergelyk word.

Volgens SSA is dit ‘n teken van die vlaag van probleme in die land se besigheidsomgewing.

Vrywillige likwidasies in Suid-Afrika het op ‘n jaargrondslag met 25,7% toegeneem, terwyl verpligte likwidasies – wat deur krediteure gelei is – met 29,4% afgeneem het.

Volgens Business Insider kan die afname aan verpligte likwidasies ‘n teken wees dat al hoe meer entrepreneurs waarskynlik kies om hulle besighede se deure te sluit as ‘n voorkomingsmaatreël te midde van die ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika.

Besighede het aangedui dat kragvoorsieningsprobleme en die hoë koste van kragopwekkers ook tot die sluiting van besighede bydra.

 

Foto: ChatGPT

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Luister nou