Luister nou

AfriForum eis antwoorde oor polisiestasies se gebruik van privaat sekuriteit

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum sê hy het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens gerig om duidelikheid te verkry oor die aantal polisiestasies wat op privaat sekuriteit staatmaak om polisiestasies en ander SAPD-persele te beveilig.

Dit volg nadat die minister van polisie, Senzo Mchunu, die voorgestelde wysigings aan regulasies ingevolge die Wet op die Regulering van die Privaat Sekuriteitsbedryf, in die Staatskoerant gepubliseer het.

Volgens berigte neem verskeie polisiekantore privaat sekuriteitsmaatskappye vir beveiligings-doeleindes in diens omdat polisiebeamptes glo, weens personeeltekorte en hulpbron-beperkings, nie in staat is om selfs basiese perseel-veiligheid te bewerkstellig nie.

AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê indien die wysigings aanvaar word, sal nie eens polisiekantore meer doeltreffende beskerming hê nie.

Die organisasie het ‘n beroep op die publiek gedoen om die sy pogings om die roekelose regulasies teen te staan, te ondersteun.

Die sperdatum vir openbare voorleggings is 25 April.

9 Responses

  1. Wat ‘n klug! Hulle wil nie ons of hulself oppas nie, maar hulle wil privaatsekuriteit ontwapen. Idioties!

  2. Die regering wil nou ʼn “Gangster Paradise” skep, ons Polisie alleen is nie opgewasse teen die kriminele nie, nou die enigste wets toepassers wat iets doen teen misdaad wil hul nou ontwapen.
    Die Polisie doen nie eers iets teen die Zama Zamas wat vrylik rondbeweeg (nag of dag “Putfontein str”) in Benoni nie

  3. Die regering wil nou ʼn “Gangster Paradise” skep, ons Polisie alleen is nie opgewasse teen die kriminele nie, nou die enigste wets toepassers wat iets doen teen misdaad wil hul nou ontwapen.
    Die Polisie doen nie eers iets teen die Zama Zamas wat vrylik rondbeweeg (nag of dag “Putfontein str”) in Benoni nie

  4. Die regering wil nou ʼn “Gangster Paradise” skep, ons Polisie alleen is nie opgewasse teen die kriminele nie, nou die enigste wets toepassers wat iets doen teen misdaad wil hul nou ontwapen.
    Die Polisie doen nie eers iets teen die Zama Zamas wat vrylik rondbeweeg (nag of dag “Putfontein str”) in Benoni nie voor die Polisie en hulle doen niks aan hulle nie

  5. Ek is in die security bedryf en glo ons maak n verskil want ons is eerste op alle tonele. Vir my is dit nie net n werk nie maar n passie. En ek stel my lewe in gevaar om ander veillig te hou en die verdagtes is gewapen maar nou wil die regering he ons mag nie gewapen wees nie. Ons gee baie vir SAPS backup op tonele so hoe gaan dit dan nou werk. Dit beteken iemand kan jou doodmaak en niks word daaraan gedoen nie want niemand kan reageer om jou lewe te red nie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

SANW-soldate
Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.
Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Luister nou