Luister nou

Die rand versterk na Trump ‘n pouse vir invoertariewe aankondig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Aandelemarkte wêreldwyd het ‘n skerp ommekeer gemaak nadat die VSA se president, Donald Trump, ‘n 90 dae lange pouse aangekondig het vir invoertariewe – behalwe vir prudukte van China af – waarop die heffing nou tot 125% verhoog is.

Die Dow Jones het met byna 3 000 punte gestyg, terwyl die NASDAQ byna 2 000 punte hoër was – wat die grootste eendagpuntstygings nog ooit vir albei dié indekse was.

Die S&P 500 het 9,5% hoër gesluit op een van sy beste dae sedert 2008.

Op die plaaslike mark het die rand se waarde teenoor die dollar met 60-sent gestyg nadat vroeër op Woensdag ‘n nuwe rekord-laagtepunt bereik het.

Teen 17:05 op 9 April het die rand ‘n hoogtepunt van R19,87 teen die dollar bereik. Na Trump se aankondiging het die rand om 20:25 teen R19,26 teen die dollar verhandel. Teen 09:04 vanoggend (10 April) verhandel die rand R19,30 teen die dollar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Fotokrediet: The Citizen

OVK se verslag oor politieke befondsing bekend

Padlangs

Voel jy soos die ou troosprysie?

Ander Nuus Artikels

Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings
Fotokrediet: AfriForum
Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle
Fotokrediet: WikiWand
Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Luister nou