Een van Roemenië se duurste “deurstoppe” het nou sy plek teruggevind na Roemenië.
‘n Bejaarde, Roemeense vrou het jare gelede ‘n rooi “klip” van 3,5 kg, by ‘n stroom opgetel, en dit as ‘n deurstop gebruik.
Sy het egter nie geweet wat dié mooi “klip” sou werd wees nie. Euro News berig dat ‘n familielid die reuse “klip” na haar dood in 1991 geërf het.
‘n Kenner het bevestig dat die “klip” toe nooit ‘n “klip” was nie, maar ‘n reuse stuk amber, wat meer as €1-miljoen of sowat R21-miljoen werd is.
Volgens Euro News is die “deurstop” een van die grootste, en enigste heel stukke amber wat oor is in die wêreld. Dit is glo tussen 38- en 70-miljoen jaar oud.
Die edelsteen is deur die Kroatiese regering aangekoop, wat dit later geskenk het aan die Museum van Geskiedenis in Krakow, Pole. Dit behoort tans aan die Provinsiale Museum van Buzău.