|
Die Franse leier, Marine Le Pen, is deur ‘n hof verbied om vir vyf jaar enige openbare ampte te beklee. Dit kom nadat sy skuldig bevind is op aanklagte van die skep van vals poste in die Europese parlement. Hiermee het sy nagenoeg €4-miljoen verduister. Die verbod tree onmiddellik in werking, selfs indien appèl aangeteken word. Die uitspraak kan beteken dat Le Pen nie in staat sal wees om as presidentskandidaat in die 2027-verkiesing te staan nie. Reuters berig dat Le Pen luidens ‘n meningspeiling voorgeloop het as ‘n gunsteling om as die wenner van die 2027 presidensiële-verkiesing uit te tree. Le Pen is verder ook gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar opgeskort is, asook ‘n €100 000 boete. FOTO: Euractiv |