Luister nou

Kabeldief kry tronkstraf na hy “verkeerde substasie” besteel

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n 28-jarige man van Ermelo in Mpumalanga is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir kabeldiefstal.

Batsheleni Dladla is in 2023 deur lede van die Gemeenskaps Polisiëringsforum vasgetrek, waar hy by ‘n substasie besig was om kabels te knip.

Dladla het skuld ontken, en sê hy was eintlik besig om kabels by ‘n ander substasie te steel.

Landdros Eben Jonker het in sy uitspraak gesê die diefstal van kritieke infrastruktuur plaas munisipaliteite onder geweldige druk, en lei daartoe dat die hele gemeenskap daaronder ly.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê in ‘n verklaring hy sal voortgaan om seker te maak dat diegene wat infrastruktuur beskadig, swaar vonnisse kry.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Israel verkiesing - Alhurra

Israel se verkiesing eindig in dooiepunt

Ander Nuus Artikels

V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026
Fotokrediet: Rolling Stone
Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Luister nou