Luister nou

Die DA eis ook geregtigheid na Raygun se wrede einde

Deur Pretoria FM Nuusspan

12 Februarie 2025

Die DA eis ook nou geregtigheid nadat die vrylopende bobbejaan, Raygun, sowat ‘n week gelede deur ‘n groep skoolkinders van Delmas wreed dood gemaak is.

Raygun.

Die party se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling in Mpumalanga, Annerie Weber sê hulle verwelkom die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) se aankondiging dat hulle die voorval gaan ondersoek.

Die bobbejaan het vinnig bekendheid verwerf in Pretoria, vanweë sy wandeling, en na sy dood is ‘n petisie teen dieremishandeling begin.

LEES OOK: Petisie teen dieremishandeling begin ná “bekende” bobbejaan se wrede einde

Hy was volgens The Owl Rescue Centre op pad terug na die natuur toe hy by die Botleng Secondary School in Delmas opgeëindig het waar hy deur skoolkinders geskop, geslaan en met klippe gegooi is, waarna hy aan die brand gesteek is.

Weber sê ondanks die wet wat dieremishandeling onwettig maak, is daar ook die Wet op Natuurbewaring van 1974 wat dit onwettig maak om bobbejane in Suid-Afrika dood te maak. Sy sê die DA doen ook ‘n beroep op die Mpumalanga-onderwysdepartement- en die Toerisme en Parke-agentskap om kennis te neem van die voorval, en meen hulle moet toesien dat kinders die nodige opleiding kry oor die belangrikheid van diere.

 

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou