Luister nou

Vlieënier-passasier gryp in toe kaptein op FlySafair-vlug siek raak

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Januarie 2025

Geluk was aan bemanningslede en passasiers, aan boord ‘n FlySafair-vlug, se kant toe daar toevallig ‘n gekwalifiseerde vlieënier beskikbaar was om handjie by te sit toe die vlieënier tydens die vlug siek geraak het.

Vlug FA711 was Woensdagoggend, 29 Januarie van George na Johannesburg op pad toe die vlieënier naby hulle eindbestemming so siek begin voel het dat hy nie verder kon vlieg nie.

FlySafair sê in ‘n verklaring dat die medevlieënier, wat ook ten volle opgelei is, beheer oor die vliegtuig geneem het om gereed te maak vir die landing. Ingevolge maatreëls het die medevlieënier versoek dat landingsklaring vir dié vlug geprioritiseer moet word.

Hy het toe oor die vliegtuig se interkom gevra of daar enige gekwalifiseerde vlieëniers aan boord was, wat hom kon bystaan met die landing. Volgens FlySafair is hulle uiters dankbaar dat daar wel ‘n vlieënier was wat die nodige kontrolelyste vir die medevlieënier kon voorlees. Die passasier het nie self gevlieg nie.

Die vliegtuig het 12:30 veilig in Johannesburg geland. Nooddienste het reeds gewag sodat hulle die kaptein mediese behandeling kon toedien. “Passasiers was deurlopend kalm, en het hulle samewerking gegee.”

FlySafair het die medevlieënier bedank vir sy professionaliteit en nakoming van al die veiligheidsmaatreëls. Die lugdiens het verder die passasier bedank, en die kaptein ‘n vinnige herstel toegewens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou