Luister nou

Groot soektog in Hercules, Pretoria begin na kind glo ontvoer is

Deur Pretoria FM Nuusspan

3 Januarie 2025

‘n Groot soektog is tans in Hercules, in die weste van Pretoria aan die gang nadat ‘n dogtertjie, van tussen 6- en 7 jaar oud, na bewering gisteraand in dié gebied ontvoer is. 

Luidens ‘n verklaring van die Hercules gemeenskapspolisiëringsforum se sektor 2 is die kind glo by Bress Straat gegryp. Verskeie polisiebeamptes is tans besig om na die kind in ‘n veld op die hoek van Claremont- en Da Gama-straat te soek.

Die ondervoorsitter van die Hercules GPF, George Behrens, sê die kind is glo gisteraand in dié veld deur oogetuies gesien. Volgens die ooggetuies was daar twee mans by die kind, en het sy om hulp geskree toe sy die ooggetuies sien.

Die GPF is omstreeks 21:00 gisteraand na die toneel ontbied. Die soektog is weer teen 07:00 vanoggend hervat.

Volgens die GPF het die kind bruin, kort gesnyde hare en het sy ‘n pienk eenstuk, pretpakkie aangehad.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Ander Nuus Artikels

Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Luister nou