20 Desember 2024
Meer as 3 000 mense is sedert die eerste van vandeesmaand by padblokkades regoor die land in hegtenis geneem.
900 van hulle is vir dronkbestuur aangekeer.
Die minister van vervoer, Barbara Creecy sê byna 500 000 voertuie is afgetrek en nagegaan tydens vanjaar se feestyd-padveiligheidsveltog.
Sy sê hulle is ook bekommerd oor die aantal oorlaaide voertuie met verslete bande en dat onpadwaardige voertuie geskut word. Intussen het haar departement ook bevestig dat 250 voetgangers sedert die 1ste Desember op die land se paaie dood is.
Creecy sê dit wil voorkom asof voetgangers, veral in die aande, besige, hoofroetes probeer oorsteek.
https://twitter.com/TrafficRTMC/status/1869676027276149146