19 Desember 2024
Die polisie het bevestig dat nóg ses onwettige mynwerkers by twee skagte in Stilfontein in Noordwes na die oppervlak gekom en in hegtenis geneem is.
‘n Woordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone, sê dié ses word onder andere aangekla van onwettige mynbou, betreding en oortredings van die immigrasiewet.
Mokgwabone sê die verdagtes bestaan uit drie Lesotho-, twee Zimbabwe- en een Mosambiekse ongedokumenteerde buitelandse burgers.
Sedert November het meer as 1 500 onwettige mynwerkers deur verskillende skagte in Stilfontein na die oppervlak terug gekeer, terwyl die polisie voortgaan met Operasie Vala Umgodi – waartydens toevoerlyne ontwrig word.