18 Desember 2024
SANParke sê sy vennootskap met verskeie wetstoepassingseenhede het gelei tot ‘n daling van 62% in misdaad by Tafelberg Nasionale Park.
Die besturende uitvoerende hoof van SANParke, Property Mokoena, sê die vennootskap wat die organisasie laat in 2023 met verskeie wetstoepassingseenhede – insluitend die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Kaapstad-metro gevorm het – lewer resultate.
Mokoena sê in 2023 het SANParke 133 voorvalle van misdaad by die Tafelberg Nasionale Park aangeteken.
Hy het sê dié getal is vanjaar tot 47 verlaag.
SANParke doen ‘n beroep op enigiemand wat wil help om misdaad op die berg hok te slaan om by sy vrywillige veiligheidsdienste aan te sluit.
FOTO: Sanparks