Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Ramaphosa is die EU se nuttige idioot

Rubriek deur: Jaco Kleynhans

Daar is verlede week deur die Suid-Afrikaanse regering, die Europese Unie (EU) en talle in die Suid-Afrikaanse media groot gewag gemaak van die besoek aan Kaapstad deur die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, en die president van die Europese Raad, Antonio Costa, asook die ooreenkomste wat dié twee met president Cyril Ramaphosa gesluit het.

 

Dit sou egter baie naïef wees om dié besoek en die sogenaamde beleggings in die ontwikkeling van alternatiewe energie, sonder ’n begrip van die groter konteks van die huidige globale magstryd, spanning tussen Suid-Afrika en die VSA, en selfs spanning tussen die VSA en Europa te beskou. Verder is dit selfs meer belangrik om die agendas van beide die Ramaphosa-regering en die EU in dié warrelwindbesoek en die aankondiging van reusebeleggings vanuit Europa te verstaan.

 

Tydens Von der Leyen en Costa se ontmoeting met Ramaphosa in Kaapstad, is die EU-Suid-Afrika-“Global Gateway Investment Package” aangekondig. Die grootste deel van dié pakket het te make met Suid-Afrika se oorgang vanaf tradisionele energiebronne, veral steenkool, na wat die EU as “skoner” energiebronne beskou.

 

Terwyl al drie leiers met blink oë die “belegging” van €4,7 miljard, sowat R90 miljard, aangekondig het, was die waarheid in die fynskrif van die “belegging” versteek, wat daarop dui dat slegs €303 miljoen skenkings is, terwyl die orige €4,4 miljoen lenings aan Suid-Afrika is. In die heel kleinste subteks moet die rol van Europese energiemaatskappye, wat natuurlik sonkrag- en windkragaanlegte in Suid-Afrika wil ontwikkel, hierin gesien word.

 

Die Europese Unie se skema is eintlik heeltemal eenvoudig: Leen geld aan Afrikalande wat dit vir hulle moontlik maak om kontrakte aan Europese maatskappye toe te ken vir die ontwikkeling van alternatiewe energiebronne in daardie lande. Europa verdien rente op sy lenings en Europese energiemaatskappye, veral in sonkrag, windkrag maar ook waterstof, kry afsetgebiede vir hulle produkte en dikwels selfs gunstige kontrakte om die elektrisiteit wat hulle dan in ’n Afrikaland soos Suid-Afrika opwek, aan Suid-Afrikaanse verbruikers te verkoop. Die Europeërs lag die hele ent pad bank toe.

 

Die Europeërs sukkel om teen veral China, maar ook ander Asiatiese lande mededingend te bly in die vervaardiging en verkope van windlaaiers, sonpanele en batterye. Die grootste Europese batteryvervaardiger, ’n Noorweegse maatskappy, het verlede week om bankrotskap aansoek gedoen nadat die maatskappy se geld opgedroog het. Die EU se antwoord is dus ’n eenvoudiger benadering: As jy met Europa wil sake doen, moet jou koolstofvoetspoor verklein word. Om dit te doen, moet jy meer sonkrag-, windkrag- en ander alternatiewe energiebronne ontwikkel. En om dit reg te kry, leen die EU vir jou geld waarmee jy Europese maatskappye kan kontrakteer om die ontwikkelings te kom doen, sodat jy die krag wat opgewek word by die Europeërs kan aankoop. Hierdie plan is meer slinks as bloot net slim.

 

Von der Leyen, Costa en ander Europese leiers verstaan egter die politiek agter verhoudinge met ’n land soos Suid-Afrika. Daarom juis hulle skielike besoek verlede week. Vir Ramaphosa was die besoek en die aankondiging, minus die fynskrif waarvan min gewone Suid-Afrikaners natuurlik bewus is, soos manna uit die hemel.

 

Suid-Afrika is tans midde-in sy ergste diplomatieke krisis in dekades. Die VSA, en spesifiek die Trump-administrasie, is besig om die Suid-Afrikaanse regering se oneerlike buitelandse beleid en al die korrupsie, diskriminasie en bedreigings vir onder andere eiendomsreg in Suid-Afrika te ontbloot. Europese leiers wat na Suid-Afrika vlieg en Ramaphosa kom loof en prys, en vir sy regering legitimiteit kom verleen, is dus ’n lieflike geskenk.

 

Von der Leyen en Costa het presies geweet hoe om dit te speel. Hulle opmerkings oor die spesiale band tussen Suid-Afrika en Europa, en Europa wat sy steun aan die Ramaphosa-regering bevestig, is dus met ’n spesifieke doel geartikuleer. Ramaphosa se uitsprake tydens die ontmoeting, dat dit in ’n tyd kom waar “ekonomiese nasionalisme en ’n aanval op multilateralisme” die wêreldorde bedreig, was eintlik maar ’n boodskap aan Donald Trump: Kyk, Europa hou nog van ons al is jy kwaad vir ons!

 

Ramaphosa se reaksie op die diplomatieke krisis met die VSA is om te beweer dat dit bloot net Trump en sy manskappe is wat ’n onregverdige, selfs moedswillige en nog erger, rassistiese aanslag op demokratiese regerings, soos dié in Suid-Afrika, uitvoer. Daar word ʼn persepsie geskep dat die res van die wêreld nog agter ons staan en dat Suid-Afrika eintlik sterker as ooit is. Dit is bloot nie waar nie. Groot opkomende lande soos Indië (wie se eerste minister verlede week in Mauritius was vir die ondertekening van ’n vryehandelsooreenkoms) sien deur Ramaphosa.

 

Die EU se besoek en aankondiging van verlede week bevestig eintlik net dat Ramaphosa bereid is om enigiemand se nuttige idioot te wees, in die hoop dat hy erkenning en legitimiteit kan verkry. Intussen betaal gewone Suid-Afrikaners die ekonomiese prys hiervoor. Ons gaan nog lank afbetaal aan die EU se lenings terwyl Eskom elektrisiteit sal aankoop by Europese maatskappye wat mooi winsgewende aanlegte hier in Suid-Afrika ontwikkel.

 

Kleynhans is hoof van openbare skakeling by Solidariteit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende