Luister nou

Pretoria-storm saai verwoesting

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Tshwane-metro se nooddienste is gisteraand in Montana in die noorde van Pretoria ontplooi waar verskeie geboue, voertuie en ander eiendom deur ‘n tornado beskadig is.

Die nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mngunisê oorstromings is by die Nood Kommunikasie Sentrum aangemeld.

Die brandweer van Innesdal, Wonderboom en Rosslyn is gisteraand in die gebied ontplooi.

Mnguni sê die brandweer het gevind dat daar baie skade aan geboue en ander strukture aangerig is en dat bome langs die Sefako Makgatho-rylaan ontwortel is.

Die inwoners van ‘n woonstel-gebou in Veda-laan moes ook gisteraand ontruim en vind tans skuiling by naburige eenhede.

Die metro het nog berigte van oorstromings in ander gebiede soos Mabopane en Pretoria-Noord ontvang en brand en reddings-operasie-eenhede is ontplooi om inwoners in die gebiede by te staan.

Mnguni sê niemand is tydens die voorvalle beseer nie.

Intussen, het die Johannesburg- en Tshwane-metro’s motoriste gemaan om versigtig te bestuur in die swaar reën wat steeds in die omgewing uitsak.

Die metropolisie sê nat toestande en deurdringende reën veroorsaak dat padtoestande gevaarlik is en sigbaarheid beperk is.

Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Oupa Segalwe, sê die reënweer sal na verwagting vandag voortduur.

Hy sê die weerdiens is veral bekommerd oor oorstromings van groot riviere.

Wydverspreide reën word nog vir die res van die week oor die sentrale en oostelike dele van die land voorspel en daar kan vandag selfs swaarder reën in Gauteng, die oostelike dele van Noordwes,die weste van Limpopo, die Hoëveld en KwaZulu-Natal voorkom.

One Response

  1. BAIE STERKTE PRETORIA🛐🛐🛐🛐🛐 IN ONS INNIGSTE GEBEDE DAT GOD JULLE IN SY VEILIGE HANDE SAL HOU EN DEUR HIERDIE VERSKRIKLIKE STORMS SAL DRA🛐🛐HY HET IMMERS OP WATER GELOOP EN SAK ALMAL VEILIG HOU EN RED 🙏😇

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou