Luister nou

Drie mans skuldig aan moord op Roedtan-boer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Drie mans is vanoggend in die hooggeregshof in Polokwane/ Pietersburg skuldig bevind aan die moord op ‘n 35-jarige boer van Roedtan in Limpopo.

Nicci Janse van Rensbuyrg.

Nicci Janse van Rensburg is op 7 Oktober 2022 op die plaas, Derdekraal in Roedtan doodgeskiet.Albert Mangena, Velly Segwale, albei 35 jaar oud, en die 45-jarige Lesiba Segwale is skuldig bevind en het geen emosie getoon nie.

LEES OOK: Honderde boere kom in Roedtan saam vir bewusmaking oor plaasaanvalle

Janse van Rensburg se dood het op 24 Oktober 2022 tot ‘n saamtrek in Roedtan gelei, terwyl die verdagtes vir die eerste keer in die hof verskyn het.

Pretoria FM het ook die optog bygewoon en is onder meer per helikopter gewys hoeveel mense wel met vragmotors, trekkers en bakkies opgedaag het om op te staan teen plaasmoorde.

Genoeg is genoeg: is die boodskap wat honderde mense, insluitend boere en verteenwoordigers van politieke partye, tydens die optog wou oordra.

Foto: Skermskoot van Netwerk24-video

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou