Is jy ’n kreatiewe videograaf met ’n grafieseontwerpagtergrond wat floreer in ’n vinnige media-omgewing en altyd op hoogte is van die nuutste sosialemediatendense?
Pretoria FM, ’n gevestigde Afrikaanse radiostasie geleë in Loftuspark in Pretoria, is op soek na ’n videograaf en -redigeerder om by ons dinamiese bemarkingspan aan te sluit.
🔧 Wat behels die pos?
- Beplanning, verfilming en redigering van video-inhoud vir radio-, digitale- en sosialemediaplatforms
- Verfilming in ateljee-omgewing sowel as buite-liggings
- Redigering van video’s, byvoeging van grafiese en visuele elemente
- Samewerking met aanbieders, bemarking- en inhoudspan
- Bly op hoogte van Pretoria FM se handelsmerk en die jongste video- en sosialemediatendense
🎓 Vereistes:
- Sertifikaat of diploma in videografie of verwante veld
- Minimum 3 jaar toepaslike ervaring in die media- of bemarkingsbedryf
- Grafieseontwerpkennis
- Kennis en ondervinding in klankvermenging, regstreekse uitsendings en animasie sal in jou guns tel.
💡 Die ideale kandidaat:
- Werk gestruktureerd en noukeurig binne streng spertye
- Lewer werk van hoë gehalte in ’n vinnige, kreatiewe omgewing
- Is passievol oor radio, digitale media en storievertelling
📌 Belangrik:
- ’n Videoportefeulje is verpligtend vir oorweging
- Aansoeke sluit Woensdag 14 Januarie 2026
📧 Stuur jou CV en videoportefeulje per e-pos na: [email protected]