Luister nou

Willie Spies VF Plus se burgemeesterskandidaat vir Tshwane-metro

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die VF Plus het die prokureur, Willie Spies, as hul burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metro aangewys.

Die leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder het vandag Spies se kandidaatskap in Pretoria aangekondig. Die bekende raadslid en voormalige burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, Grandi Theunissen, is as die tweede burgemeesterskandidaat aangewys.

Sáám sal dié gesoute span die plaaslikeregeringsverkiesing, wat later vanjaar verwag word, aanpak.

Spies het onlangs afstand gedoen van sy rol as uitvoerende voorsitter van Pretoria FM om heeltyds sy aandag aan die VF Plus en die Tshwane-burgemeestersveldtog te wy.

Spies het die afgelope 20 jaar as burgerregteprokureur in Pretoria gewerk. Hy sê dat dit noodsaaklik is dat die politiek en gemeenskap hande moet vat sodat die staat kan terugtree en daardeur groter mag aan die gemeenskap te gee.

Spies sê hy wil Pretoria weer ’n suksesvolle metro maak.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou