Die werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van verlede jaar teruggesak tot 31,4% – vergeleke met die vorige kwartaal op 31,9%.
Die jongste kwartaallikse arbeidsmagopnamesyfers wat deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak is toon dat daar in die laaste kwartaal van 2025 44,000 mense meer was wat werk gehad het – wat die werkmag op 17-miljoen-eenhonderdduisend te staan bring.
Mense wat in die formele sektor werk gekry het, het met 320,000 gestyg, terwyl 293,000 minder mense werk gehad het in die informele sektor.