Luister nou

Vrou kwytgeskeld 70 jaar ná teregstelling

Deur Redaksie

Ruth Ellis, die laaste vrou wat in die Verenigde Koninkryk tereggestel is, is postuum voorwaardelik kwytgeskeld van die moord op haar minnaar, David Blakely.

Die BBC berig dat Ellis in 1955 by Londen se Holloway-tronk gehang is nadat sy skuldig bevind is aan die moord op Blakely. Vir baie jare het haar familie aangevoer dat Ellis ’n slagoffer van huishoudelike geweld was en dat sy fisiek en emosioneel deur Blakely mishandel is voor sy hom geskiet het.

Tydens ’n parlementsitting die afgelope week het ’n parlementslid van die Arbeiders, Pam Cox, die adjunk- eerste minister, David Lammy, namens Ellis se kleinkinders gevra om kwytskelding toe te staan.

Lammy het geantwoord dat hy namens die koning kan aankondig dat kwytskelding toegestaan word, en dat die doodstraf vervang is met ’n vonnis van lewenslange gevangenisstraf.

Die koning het die mag om kwytskeldings toe te staan of vonnisse te versag, wat in die praktyk slegs gebruik word wanneer die regering dit versoek.

“Terwyl die kwytskelding nie beweer dat sy onskuldig is aan die dood van David Blakely nie, vervang dit die doodstraf met ’n vonnis van lewenslange gevangenisstraf om ’n diepgaande onreg in hierdie uitsonderlike saak te erken.”

Ellis se kleindogter Laura Enston het die nuus verwelkom en aan die BBC gesê dat die skaduwee van Ruth se teregstelling oor twee generasies geval het.

“Ons het skaamte gedra wat nooit ons s’n was om te dra nie.”

Ellis was tydens die moord in 1955 ’n ma van twee kinders, onderskeidelik drie en 10 jaar oud. Sy het Blakely buite die Magdala-kroeg in Hampstead, Londen, doodgeskiet.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek-https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-74-10-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Amerika, Europa en die Golflande moet nou beheer oor Hormoes neem

Untitled design (13)

Trump klaar met “skuim” van Iran

April 11, 2026.Democratic Alliance (DA) new elected Federal leader Geordin Hill-Lewis during the Federal Congress 2026 held at Galagher Convention Centre in Midrand Johannesburg. Picture: Freddy Mavunda © Business Day

Hill-Lewis: Permanente polisieminister nodig

Placeholder_400x230

Graffiti-boekeblad 10 Julie 2026

Cilliers Brink buite hooggeregshof

Die DA sê Mettler se skorsing was onregmatig

Ander Nuus Artikels

Untitled design (15)
Solidariteit: Regering kaap Rugby
Untitled design (14)
Kommer oor metro’s na Tesourie R13,5 miljard weerhou
Internasionale Perspektief nuut
Amerika, Europa en die Golflande moet nou beheer oor Hormoes neem
Untitled design (13)
Trump klaar met “skuim” van Iran
April 11, 2026.Democratic Alliance (DA) new elected Federal leader Geordin Hill-Lewis during the Federal Congress 2026 held at Galagher Convention Centre in Midrand Johannesburg. Picture: Freddy Mavunda © Business Day
Hill-Lewis: Permanente polisieminister nodig

Luister nou