Luister nou

Vissers langs die Weskus sê nee vir opnames

Deur Pretoria FM Nuusspan

Kleinskaalse vissers langs die Weskus sê beplande ondersee-seismiese opnames kan hul lewensbestaan ernstig bedreig.

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vandeesweek argumente aangehoor in ’n regstryd oor die regering se goedkeuring van nuwe olie- en gas-opsporingsopnames ter see.

Die saak fokus op die uitwerking van onderwater klankontploffings op seelewe en visvanggebiede.

Aktiviste sê die klankgolwe is uiters intens en kan vir maande lank elke paar sekondes in die see afgevuur word.

Vissers voer aan hulle het reeds gesien hoe soortgelyke aktiwiteite seelewe ontwrig en visse laat wegbeweeg.

Die regering sê egter enige impak kan deur toepaslike versagtingsmaatreëls, bestuur word.

Gewilde Nuus

PhalaPhala

Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor

Fotokrediet: CBC

Slegs 14% statutêre verkragters skuldig bevind

Fotokrediet: The Citizen

SA Jagters vra dat definisie geskrap word

Eksamen-skryf

Matriekuitslae-saak: Hof weier IR se verlof tot appèl

DinaErnstMarais

Kruger-moorde: 2 verdagtes vas

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Binnelandse sake vra burgers se hulp
Griekwastad-moordenaar 2
Griekwastad-moordenaar se parool herroep
PhalaPhala
Ramaphosa se Phala Phala-hersieningsaansoek in September aangehoor
Fotokrediet: CBC
Slegs 14% statutêre verkragters skuldig bevind
Fotokrediet: The Citizen
SA Jagters vra dat definisie geskrap word

Luister nou